Gaan na inhoud

Ahmed Kathrada

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ahmed Kathrada
Ahmed Kathrada
Kathrada in 2016

LP vir Lenasia
Ampstermyn
1994-1999

Persoonlike besonderhede
Gebore (1929-08-21)21 Augustus 1929
Schweizer-Reneke, Transvaal
Sterf 28 Maart 2017(2017-03-28) (op 87)
Johannesburg
Politieke party African National Congress
Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party
Eggenoot/-note Barbara Hogan
Alma mater Universiteit van Suid-Afrika
Religie Islam

Ahmed Mohamed Kathrada (* 21 Augustus 1929 – † 28 Maart 2017), was 'n African National Congress-lid en anti-apartheidsaktivis. Hy is saam met Nelson Mandela in 1964 in die Rivonia-verhoor tot lewenslange tronkstraf veroordeel.

Op 31 Maart 2016 het hy 'n brief geskryf[1] waarin hy president Jacob Zuma oproep om af te tree vanweë Zuma se rol in die Nkandla-skandaal. Hy verklaar dat dit die enigste manier is om die vertrouenskrisis te beëindig en die land se regering daarvan te laat herstel.[2] Sy vrou Barbara Hogan het eerder kritiek op Zuma gelewer.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ "The Sowetan" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Desember 2016.
  2. ↑ "The Guardian" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2019.
  3. ↑ "Business Day Live" (in Engels). 12 Desember 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2018.