Andrei Wisjinski
Voorkoms

Andrei Janoearewitsj Wisjinski (Russies: Андре́й Януа́рьевич Выши́нский; Pools: Andrzej Wyszyński) (10 Desember 1883 – 22 November 1954) was 'n Sowjet-politikus, regsgeleerde en diplomaat. Hy is veral bekend as staatsaanklaer tydens Josef Stalin se Moskou-verhore en die Neurenberg-verhore. Hy was van 1949 tot 1953 die Sowjet-minister van buitelandse sake, nadat hy sedert 1940 as adjunkminister van buitelandse sake onder Wjatsjeslaf Molotof gedien het. Hy het ook aan die hoof gestaan van die Instituut vir Staat en Reg aan die Akademie vir Wetenskappe van die Sowjetunie.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Andrei Wisjinski.