Gaan na inhoud

Bodh Gaya

Bodh Gaya

बोधगया
Stad
Die Mahabodhi-tempel in Bodh Gaya
Die Mahabodhi-tempel in Bodh Gaya
Bodh Gaya is in Indië
Bodh Gaya
Bodh Gaya
Ligging in Indië
Koördinate: 24°41′42″N 84°59′33″O / 24.69500°N 84.99250°O / 24.69500; 84.99250
LandVlag van Indië Indië
DeelstaatBihar
DistrikGaya
Oppervlak
 • Stedelik
20,2 km2 (7,8 vk. myl)
Bevolking
 • Stad48 184
 • Digtheid2 385/km2 (6 177/vk. myl)
TydsoneUTC+5:30 (IST)
Poskode
824231
Belangrike Boeddhistiese pelgrimsplekke in Indië, in rooi die vier plekke waarna die Boeddha self verwys het

Bodh Gaya (Hindi: बोधगया, Bodhgayā; letterlik: "plek van verligting", uit Sanskrit bodhi, "ontwaking", "verligting" en gaya, "huishouding", "woonplek") is 'n stad in die Indiese deelstaat Bihar met 'n bevolking van 48 184 in 2018, sowat 96 km suid van Patna. Bodh Gaya is die plek waar Siddhartha Gautama onder die Bodhi-boom gaan sit en verligting ontvang het, waarmee hy die Boeddha (die "verligte") geword het. Die Boeddha het na Bodh Gaya as een van vier plekke verwys wat Boeddhiste tydens 'n pelgrimstog sal besoek, die ander is Lumbini, sy geboorteplek; Sarnath, waar hy begin preek het; en Kushinagar, waar hy oorlede is. Gevolglik is Bodh Gaya 'n belangrike bedevaartsplek vir Boeddhiste.[1] Die Bodhi-boom bevind hom by die Mahabodhi-tempel. Volgens argeologiese opgrawings word die terrein sedert die Mauryaryk deur Boeddhiste gebruik.[2] Bodh Gaya se Boeddhistiese tempelkompleks is in 2002 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ (en) Nandini Majumdar (2014). Banaras: Walks through India’s Sacred City (1 uitg.). Nieu-Delhi: Roli Books Pvt. Ltd. p. 158. ISBN 978-81-7436-916-1.
  2. ↑ (en) Lars Fogelin (2015). An Archaeological History of Indian Buddhism. Oxford University Press. p. 195. ISBN 9780199948239.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]