John Aldridge
Aldridge in 2023 | |||
| Persoonlike inligting | |||
|---|---|---|---|
| Geboortedatum | 18 September 1958 | ||
| Geboorteplek | Liverpool, Engeland | ||
| Lengte | 1,80 m[1] | ||
| Speelposisie | Doelskieter | ||
| Jeugloopbaan | |||
| 1978–1979 | South Liverpool | ||
| Seniorloopbaan* | |||
| Jare | Span | Kere† | (Doele)† |
| 1979–1984 | Newport County | 170 | (69) |
| 1984–1987 | Oxford United | 114 | (72) |
| 1987–1989 | Liverpool | 83 | (50) |
| 1989–1991 | Real Sociedad | 63 | (33) |
| 1991–1998 | Tranmere Rovers | 243 | (138) |
| Totaal | 673 | (362) | |
| Nasionale span | |||
| 1986–1996 | Ierland | 69 | (19) |
| Spanne bestuur | |||
| 1996–2001 | Tranmere Rovers | ||
| * Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga.. † Kere uitgedraf (Doele). | |||
John William Aldridge (gebore 18 September 1958) is ’n voormalige sokkerspeler. Hy het die bynaam “Aldo” gehad en was ’n besonder produktiewe, rekordbrekende doelskieter. Sy totaal van 329 doele in die Engelse Sokkerliga is die sesde hoogste in die geskiedenis van Engelse sokker.[2]
Gedurende sy vroeë loopbaan het hy hom deur die laer ligas opgewerk en in elke Engelse liga gespeel, van die Vierde Afdeling tot die Eerste Afdeling. Hy was aanvanklik as ’n plaasvervanger vir Ian Rush gekontrakteer, toe Ian Rush in Italië gespeel het, en het meer as twee suksesvolle seisoene by Liverpool deurgebring, waar hy die liga in 1988 en die FA-beker in 1989 gewen het. Aldridge het daarna twee seisoene by die Spaanse en Baskiese klub Real Sociedad gespeel en het die eerste nie-Baskiese speler geword wat in etlike dekades vir die klub geteken het. In 1991 het hy na Engeland teruggekeer om vir Tranmere Rovers te speel en het in 1996 hul speler-afrigter geword. Hy het in 1998 as speler uitgetree en in 2001 as afrigter bedank.
Aldridge is vir die Ierse nasionale span gewerf as deel van die Ierse hoofafrigter Jack Charlton se “Oupa-reël”: sy oorgrootmoeder was van Athlone.[3][4] Hy het aan twee Wêreldbekertoernooie deelgeneem en een Wêreldbeker-doel aangeteken: teen Meksiko tydens die 1994-toernooi.[5][6]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Dunk, Peter, red. (1987). Rothmans Football Yearbook 1987–88. London: Queen Anne Press. p. 222. ISBN 978-0-356-14354-5.
- ↑ "England – All-Time Topscorers – All Football League Divisions (and Premiership)". rsssf.org. Besoek op 2 April 2011.
- ↑ "Irish Football and the 'Granny Rule'". www.soccer-ireland.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2021. Besoek op 28 Augustus 2021.
- ↑ Hilton, Nick (18 Maart 2011). "Shamrock Scousers: Liverpool FC hero John Aldridge recalls his happiness playing international football for Ireland". Liverpool Echo (in Engels). Besoek op 28 Augustus 2021.
- ↑ Byrne, Peter. "Magical memories of Italia '90 linger still". The Irish Times (in Engels). Besoek op 28 Augustus 2021.
- ↑ "Daniel McDonnell: Ireland's Generation Game - How the post Italia '90 class are finally making their mark". independent (in Engels). 17 Julie 2020. Besoek op 28 Augustus 2021.