Maratharyk
| |||||
| |||||
| Leuse: Hara Hara Mahadeva[1][2] Marathi vir: "Lofprysinge aan Mahadeva") | |||||
| Hoofstad | Koninklike setel: Raigad (1674–1708, de jure) Jinji (1691–1698, de facto) Satara (1708–1818) Peshwasetel: Poona (1728–1818) | ||||
| Taal/Tale | Marathi (hof en letterkunde) Sanskrit (godsdiens) | ||||
| Godsdiens | Hindoeïsme en ander Indiese gelowe | ||||
| Regering | Monargie | ||||
| Chhatrapati | |||||
| - 1674–1680 | Shivaji I (eerste) | ||||
| - 1808–1818 | Pratap Singh (laaste) | ||||
| Peshwa | |||||
| - 1674–1683 | Moropant Pingle (eerste) | ||||
| - 1803–1818 | Baji Rao II (laaste) | ||||
| - 1858–1859 | Nana Saheb (aanspraakmaker) | ||||
| Wetgewer | Ashta Pradhan | ||||
| Historiese tydperk | Nuwe Tyd | ||||
| - Kroning van Shivaji | 6 Junie 1674 | ||||
| - Deccaoorloë | 1680–1707 | ||||
| - Aanwysing van Balaji Vishwanath as peshwa | 16 November 1713[3] | ||||
| - Verdrag van Bhopal | 7 Januarie 1738 | ||||
| - Afghanistan-Marathaoorlog | 8 Maart 1758–14 Januarie 1761 | ||||
| - Maratha-Mysoreoorloë | Augustus 1768–April 1787 | ||||
| - Derde Anglo-Marathaoorlog | 1818 | ||||
| - Ontbinding van die Marathas | 1818 | ||||
| Oppervlakte | |||||
| - 1760[4] | 2 500 000 km2 965 255 sq mi | ||||
| Geldeenheid | Rupee, Paisa, Shivrai | ||||
Die Maratharyk (Marathi: [məˈɾaːʈʰaː]),[5][6][7] oftewel die Marathakonfederasie, was 'n vroegmoderne politieke entiteit op die Indiese subkontinent. Oor die grootste deel van sy bestaan het dit uit die ryke van die peshwa en vier groot onafhanklike Marathastate bestaan[8][9] onder die nominale leierskap van eersgenoemde en nominale lojaliteit aan die Chhatrapati's wat opvolgers van Shivaji was.


Die Marathas was 'n Marathisprekende krygergroep vanuit die westelike Deccanhoogland (die huidige Indiese deelstaat Maharashtra) wat na vore getree het onder die leierskap van Shivaji (in die 17de eeu), nadat hy in opstand gekom het teen die Sultanaat Bijapur en die Mogolryk om die Hindavi Swarajya (selfbeskikking van Hindoes) te verwerklik.[10][11] Die Mogolkeiser Aurangzeb se godsdienstige beleid het nie-Moslems vervreemd laat voel en ná die Marathaopstand was hy 'n groot hoeveelheid van sy manne en skatte kwyt.[12][13] Die Maratharegering het ook krygers, administrateurs en ander adellikes van ander Marathigroepe ingesluit.[14] Shivaji se monargie, waarna as die Marathakoninkryk verwys word,[15] is in die 18de eeu onder die leierskap van peshwa Bajirao I tot 'n groot ryk uitgebrei. Soortgelyk aan ander destydse Indiese entiteite het die Marathas onder Shahu I die Mogolkeiser as hul nominale suserein erken, hoewel in praktyk groot dele van die Mogolbeleid tussen 1737 en 1803 deur die Marathas beheer is.[16][17][18][19][20]
Ná Aurangzeb se dood in 1707 het Shivaji se kleinseun, Shahu, onder die leierskap van peshwa Bajirao die Marathamag laat herleef en baie gesag aan die Bhatfamilie toevertrou, wat erflike peshwas (eerste ministers) geword het. Ná sy dood in 1749 het hulle as 't ware die leiers geword. Die gesaghebbende Marathafamilies – Scindia, Holkar, Bhonsle en Gaekwad – het hulle veroweringe na die noordelike en sentrale Indië uitgebrei en meer onafhanklikheid verkry. Die Marathas se vinnige uitbreiding is stopgesit nadat hulle in 1761 tydens die veldslag van Panipat deur die Durraniryk verslaan is. Onder die leierskap van peshwa Madhavrao I het die Marathas tien jaar later egter daarin geslag om die meeste van hul verlore grondgebied te herwin.[21] Met sy dood het die peshwas se effektiewe gesag oor ander opperhoofde in die ryk uiteindelik tot 'n einde gekom.[22][23][24] Nadat hy in 1802 deur die Holkardinastie verslaan is, het peshwa Baji Rao II beskerming gesoek deur die Britse Oos-Indiese Kompanjie, wat in 1818 die konfederasie met hul ingryping ná die Tweede en Derde Anglo-Marathaoorloë vernietig het.
Die Marathastaat se struktuur was 'n konfederasie van vier leiers onder leierskap van die peshwa in Poona (nou Pune) in Wes-Indië. Hulle was die Scindia, die Gaekwad in Baroda, die Holkar in Indore en die Bhonsle in Nagpur.[25][24] Die grense van die konfederasie het ná die Slag van Bhopal in 1737 gestrek uit die huidige deelstaat Maharashtra[26] in die suide tot Gwalior in die noorde, tot Odisha in die ooste[27] oftewel 'n derde (2,5 miljoen km²) van die Indiese subkontinent.[28]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Madan, T. N. (1988). Way of Life: King, Householder, Renouncer : Essays in Honour of Louis Dumont. Motilal Banarsidass Publishers. p. 360. ISBN 978-81-208-0527-9.
- ↑ (en) Chattopadhyaya, Sudhakar (1978). Reflections on the Tantras. Motilal Banarsidass Publ. p. 75. ISBN 978-81-208-0691-7.
- ↑ (en) Haig L, t-Colonel Sir Wolseley (1967). The Cambridge History of India – Turks and Afghans. Vol. 3. Cambridge UK: Cambridge University press. p. 394. ISBN 978-1-343-88457-1. Besoek op 12 Mei 2017.
- ↑ (en) Bang, Peter Fibiger; Bayly, C. A.; Scheidel, Walter (2020). The Oxford World History of Empire: Volume One: The Imperial Experience. Oxford University Press. pp. 92–94. ISBN 978-0-19-977311-4.
- ↑ (en) O'Hanlon, Rosalind (2016), Maratha Empire, John Wiley & Sons, Ltd, pp. 1–7, doi:10.1002/9781118455074.wbeoe357, ISBN 978-1-118-45507-4, https://onlinelibrary.wiley.com/doi/abs/10.1002/9781118455074.wbeoe357
- ↑ (en) Guha, Sumit (23 Desember 2019), The Maratha Empire, ISBN 978-0-19-027772-7, https://oxfordre.com/asianhistory/display/10.1093/acrefore/9780190277727.001.0001/acrefore-9780190277727-e-356
- ↑ (en) Vendell, Dominic (26 November 2021). "Transacting Politics in the Maratha Empire: An Agreement between Friends, 1795". Journal of the Economic and Social History of the Orient. 64 (5–6): 826–863. doi:10.1163/15685209-12341554. hdl:10871/125607. ISSN 1568-5209.
- ↑ (en) Kumar, Ravinder (2013). Western India in the Nineteenth Century: A Study in the Social History of Maharashtra. Routledge. ISBN 978-1-135-03146-6.
- ↑ (en) Kantak, M. R. (1993). The First Anglo-Maratha War, 1774–1783: A Military Study of Major Battles. Popular Prakashan. p. 24. ISBN 978-81-7154-696-1.
- ↑ (en) Pagdi, Setumadhavarao S. (1993). Shivaji. National Book Trust. p. 98. ISBN 81-237-0647-2.
- ↑ (en) Jackson, William Joseph (2005). Vijayanagara voices: exploring South Indian history and Hindu literature. Ashgate Publishing, Ltd. p. 38. ISBN 978-0-7546-3950-3.
- ↑ (en) Osborne, Eric W. (3 Julie 2020). "The Ulcer of the Mughal Empire: Mughals and Marathas, 1680–1707". Small Wars & Insurgencies. 31 (5): 988–1009. doi:10.1080/09592318.2020.1764711. ISSN 0959-2318. S2CID 221060782.
- ↑ (en) Clingingsmith, David; Williamson, Jeffrey G. (1 Julie 2008). "Deindustrialization in 18th and 19th century India: Mughal decline, climate shocks and British industrial ascent". Explorations in Economic History. 45 (3): 209–234. doi:10.1016/j.eeh.2007.11.002. ISSN 0014-4983.
- ↑ (en) Kantak, M.R. (1978). "The Political Role of Different Hindu Castes and Communities in Maharashtra in the Foundation of the Shivaji's Swarajya". Bulletin of the Deccan College Research Institute. 38 (1): 44. JSTOR 42931051.
- ↑ (en) Sen, Sailendra (1994). Anglo-Maratha Relations, 1785–96. Vol. 2. Popular Prakashan. ISBN 978-81-7154-789-0.
- ↑ (en) Garg, Sanjay (2022). The Raj and the Rajas : Money and Coinage in Colonial India. Taylor & Francis. ISBN 978-1-00-082889-4.
- ↑ (en) Mehta, Jaswant Lal (2005). Advanced Study in the History of Modern India 1707–1813. Sterling. ISBN 978-1-932705-54-6.
- ↑ (en) Chaurasia, R.S. (2004). History of the Marathas. Nieu-Delhi: Atlantic. p. 12. ISBN 978-81-269-0394-8.
- ↑ (en) Vincent A. Smith (1981). The Oxford History of India, Edited by Percival Spear. Oxford University Press. p. 492.
- ↑ (en) Gokhale, Sandhya (2008). The Chitpavans: Social Ascendancy of a Creative Minority in Maharashtra, 1818–1918. Shubhi Publications. p. 82. ISBN 978-81-8290-132-2.
- ↑ (en) Rathod, N. G. The Great Maratha: Mahadaji Scindia.
- ↑ (en) Ghosh, D.K. Ed. A Comprehensive History Of India Vol. 9. pp. 512–523.
- ↑ (en) The Marathas – Cambridge History of India (Vol. 2, Part 4). New Cambridge History of India.
- 1 2 (en) "Maratha confederacy". Encyclopædia Britannica. Besoek op 17 April 2026.
- ↑ (en) Goswami, Arunansh (1 Desember 2023). "Maharaja's German: Anthony Pohlmann in India. – EBSCOhost". openurl.ebsco.com (160): 48. Besoek op 16 Mei 2025.
- ↑ (en) Mehta, Jaswant Lal (2005). Advanced Study in the History of Modern India 1707–1813. Sterling. p. 204. ISBN 978-1-932705-54-6.
- ↑ (en) Sen, Sailendra Nath (2010). An Advanced History of Modern India. Macmillan India. p. 16. ISBN 978-0-230-32885-3.
- ↑ (en) Turchin, Peter; Adams, Jonathan M.; Hall, Thomas D. (2006). "East-West Orientation of Historical Empires and Modern States". Journal of World-Systems Research. 12 (2): 222–223. doi:10.5195/JWSR.2006.369. ISSN 1076-156X.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Maratharyk.- (en) "Maratha confederacy". Encyclopædia Britannica. Besoek op 17 April 2026.
