Portaal:Tale/Inleiding
Voorkoms
Willkommen, bienvenu, welcome . . .
Welkom op ons portaal oor tale. Die gebruik van taal is die menslike vermoë vir die aanleer van ingewikkelde stelsels van kommunikasie, en 'n taal is enige spesifieke voorbeeld van so 'n stelsel. Die wetenskaplike bestudering van taal word linguistiek of taalkunde genoem. Alle tale steun op die proses van semiotiek, om tekens in verband te bring met spesifieke betekenisse. Mondelinge en gebaretale bevat 'n fonologiese stelsel wat beheer hoe simbole gebruik word om reekse bekend as woorde of morfeme te vorm, asook 'n sintaktiese stelsel wat weer beheer hoe woorde en morfeme saamgevoeg word om uitdrukkings en sinsdele te vorm.