Tai Yai
| Tai Yai လိၵ်ႈတႆး | ||
|---|---|---|
| Uitspraak: | [lik.táj] | |
| Gepraat in: | ||
| Gebied: | Suid-Asië | |
| Totale sprekers: | 3,3 miljoen[1] | |
| Taalfamilie: | Tai-Kadai Kam-Tai Tai Tai Yai | |
| Skrifstelsel: | Birmaanse skrif | |
| Taalkodes | ||
| ISO 639-1: | geen | |
| ISO 639-2: | shn | |
| ISO 639-3: | shn | |
| Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. | ||
Tai Yai (လိၵ်ႈတႆး, [lik táj] ) of Shan is 'n Tai-Kadai-taal wat deur sowat 3,3 miljoen mense in Mianmar, Thailand en die Volksrepubliek China gepraat word. Dit word veral in die Shan-deelstaat van Mianmar gepraat, maar ook in die Kachin-deelstaat, Noord-Thailand en in 'n mindere mate in die Indiese deelstaat Assam. Tai Yai is verwant aan Lao en Thai, die amptelike tale van onderskeidelik Laos en Thailand.

Die presiese aantal Tai Yai-sprekers is onbekend. In 2001 het Patrick Johnstone en Jason Mandryk die aantal sprekers in Mianmar op sowat 3,2 miljoen geskat; die Mahidol-universiteit se Instituut vir Taal en Kultur het in 2006 die aantal in Thailand op sowat 95 000 beraam, maar met vlugtelinge uit Mianmar tel hulle nou omtrent 'n miljoen.[2] Baie Tai Yai praat plaaslike dialekte, maar ook tale van hul handelsvennote. As gevolg van die Birmaanse burgeroorlog is net min Tai Yai in staat om die Tai Yai-skrif te lees, wat aan die Birmaanse skrif ontleen is.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Shan". Ethnologue. Besoek op 27 April 2021.
- ↑ (en) "Refugee Conundrum: Little movement in Myanmar's repatriation schemes". Burma News International. Besoek op 27 April 2021.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tai Yai.
