Tornyn (walvis)
| Tornyn | |
|---|---|
| grootte in vergelyking met dié van 'n mens | |
| Wetenskaplike klassifikasie | |
| Koninkryk: | |
| Filum: | |
| Klas: | |
| Orde: | |
| Infraorde: | |
| Parvorder: | |
| Familie: | |
| Genus: | |
| Spesie: | P. phocoena |
| Subspesie: | P. p. phocoena P. p. relicta P. p. vomerina |
| Binomiale naam | |
| Phocoena phocoena Linnaeus, 1758 | |
| globale verspreiding van die tornyn | |
| Sinonieme | |
|
Bruinvis, seevark | |
’n Tornyn of bruinvis (Phocoena phocoena), vroeër ook ’n "seevark" genoem, is ’n soogdier uit die orde van tandwalvisse (Odontoceti). Die seedier se wetenskaplike naam is oorspronklik in 1758 as Delphinus phocoena deur Carl Linnaeus aangegee.[1] Volwassenes is hoogstens 1,8 m lank en weeg op die meeste 60 kg. Hulle is nou verwant aan die dolfyne (Delphinidae), maar is beperk tot gematigde tot subpolêre waters van die Noordelike Halfrond. Dit is die algemeenste walvissoort in die Noordsee, maar is hoogs vatbaar om in byvangs te beland. Hulle het kenmerkend robuuste liggame, en het 'n skugtere en ontwykende geaardheid. Dit is een van vier spesies in die genus, en staan in Engels as die habour porpoise bekend.
Terminologie
[wysig | wysig bron]Die term "tornyn" vir dié soort walvis (van die Nederlandse tonijn, ’n soort tuna) het in Afrikaans ontwikkel deurdat die benaming, as gevolg van die grootte van die tornyn, ook op die walvis toegepas is.[2]
Die naam "bruinvis" val vreemd op, want die diere is nie visse nie en is ook nie bruin nie.
Uiterlike voorkoms
[wysig | wysig bron]Tornyne het ’n stomp neus, lae driehoekige rugvin en (soos alle Walvisagtiges) ’n plat, horisontale stertvin. Die rug is donkergrys en die buik helderwit. Hulle het spatelvormige tande: 22 tot 28 paar in die bokaak en 21 tot 25 paar in die onderkaak. Hiermee "wei" hulle op die seebodem, waarna hulle die vissies wat hulle kry, na binne suig.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Linnaeus, C. (1758). Systema naturae red. 10: 77
- ↑ "Tornyn" in die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA). Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 25 Januarie 2020.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tornyn (walvis).