Gaan na inhoud

Portwyn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Glas portwyn
Amptelike waarborg-etiket op 'n bottel portwyn

Portwyn (ook bekend as vinho do Porto, Portugese fonetiese uitspraak: viɲu duˈpoɾtu, of bloot port) is 'n Portugese gefortifiseerde wyn wat geproduseer word in die Douro-vallei van noord-Portugal.[1] Dit is tipies 'n soet rooiwyn, en word dikwels bedien saam met nagereg, alhoewel dit ook in droë, semi-droë en wit variëteite voorkom.

Portwyn word ook geproduseer in ander lande soos Argentinië, Australië, Kanada, Frankryk, Indië, Suid-Afrika, Spanje, en die Verenigde State. Onder die Europese Unie se "Beskermde oorsprongsbenaming"-riglyne mag slegs wyn uit Portugal egter geëtiketteer word as "port".[2][3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ Porter, Darwin & Danforth Price (2000) Frommer's Portugal 16th ed. IDG Books Worldwide, Inc. ISBN 0-02-863601-5
  2. ↑ Etikettering van wyn en sekere ander produkte van die wynindustrie Europa.eu
  3. ↑ "Office of the Law Revision Counsel, U.S. House of Representatives" Geargiveer 11 Mei 2013 op Wayback Machine

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]