Willie Aucamp
| Willie Aucamp | |
Aucamp in 2026 | |
Minister van Landbou | |
| Ampsbekleër | |
| Termynaanvang 1 Julie 2026 | |
| Leier | Geordin Hill-Lewis |
|---|---|
| President | Cyril Ramaphosa |
| Voorafgegaan deur | John Steenhuisen |
Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing | |
| Ampstermyn 17 November 2025-30 Junie 2026 | |
| President | Cyril Ramaphosa |
| Voorafgegaan deur | Dion George |
Nasionale Woordvoerder van die Demokratiese Alliansie | |
| Ampstermyn 15 Julie 2024-17 November 2025 | |
| Leier | John Steenhuisen |
| Voorafgegaan deur | Solly Malatsi |
| Opgevolg deur | Jan de Villiers |
Lid van die Nasionale Vergadering | |
| Ampsbekleër | |
| Termynaanvang 14 Junie 2024 | |
Afgevaardigde van die Nasionale Raad van Provinsies | |
| Ampstermyn 23 Mei 2019-28 Mei 2024 | |
Persoonlike besonderhede | |
| Gebore | Willem Abraham Stephanus Aucamp Thabazimbi, Transvaal |
| Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
| Politieke party | Demokratiese Alliansie |
Willem Abraham Stephanus "Willie" Aucamp is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert Junie 2026 as Minister van Landbou en sedert 2024 as Lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika dien. Hy het van November 2025 tot Junie 2026 as Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing gedien. Hy is 'n voormalige Nasionale Woordvoerder van die Demokratiese Alliansie (DA). Voor sy verkiesing tot die Nasionale Vergadering was hy een van ses permanente afgevaardigdes van die Noord-Kaap na die Nasionale Raad van Provinsies van 2019 tot 2024. Hy is die seun van die voormalige LP, Cassie Aucamp.[1][2][3]
Lewensloop
[wysig | wysig bron]Aucamp is in Thabazimbi gebore en het aan Hoërskool Frikkie Meyer gematrikuleer.
Sy pa, Cassie Aucamp, is in die algemene verkiesing van 1999 tot die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika verkies. Hy was die leier van die Afrikaner Eenheidsbeweging (AEB). Cassie het in 2003 die AEB verlaat om die Nasionale Aksie (NA) te vorm. Willie het by die NA aangesluit en was die party se provinsiale leier in Gauteng.[4]
Die NA het al sy parlementêre verteenwoordiging in die 2004-verkiesing verloor en is spoedig ontbind. Willie het in Julie 2004 met die woordvoerder van die Nuwe Nasionale Party (NNP), Carol Johnson, getrou. Die egpaar het by die African National Congress (ANC) aangesluit. Aucamp se huwelik met Johnson was van korte duur, aangesien Johnson in September 2004 vir egskeiding gevra het, met verwysing na Aucamp se finansiële status en dat sy nie ingelig is oor sy kind wat buite die huwelik gebore is nie.[5]
Aucamp het later by die Demokratiese Alliansie (DA) aangesluit en was 'n kandidaat vir die party in die 2016 munisipale verkiesing. Hy is as 'n wyksraadslid van die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit verkies.[6][7]
In Mei 2019 is Aucamp as 'n afgevaardigde van die Nasionale Raad van Provinsies aangewys. Hy het destyds die Noord-Kaap verteenwoordig.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Prins, Lecrecia (21 Julie 2016). "Maak só by stemlokaal". Kalahari Bulletin. Besoek op 22 Februarie 2020.
- ↑ "Komitee reg om wyk te dien". Kalahari Bulletin. 30 November 2017. Besoek op 22 Februarie 2020.
- ↑ "NATIONAL COUNCIL OF PROVINCES NATIONAL COUNCIL OF PROVINCES PERMANENT DELEGATES AS AT PERMANENT DELEGATES AS AT 23May2019" (PDF). Parliament of South Africa. Besoek op 24 Oktober 2020.
- ↑ Michaels, Jeremy (9 Augustus 2004). "Love persuades right-winger to join ANC". IOL. Besoek op 22 Februarie 2020.
- ↑ Joubert, Jan-Jan (14 September 2004). "'Golden couple' hit the rocks". News24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2020. Besoek op 22 Februarie 2020.
- ↑ Prins, Lecrecia (21 Julie 2016). "Maak só by stemlokaal". Kalahari Bulletin. Besoek op 22 Februarie 2020.
- ↑ "Komitee reg om wyk te dien". Kalahari Bulletin. 30 November 2017. Besoek op 22 Februarie 2020.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Willem Abraham Stephanus Aucamp - Volksvergadering
- Mnr Willem Abraham Stephanus Aucamp - die parlement van Suid-Afrika
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.